Welkom by die Kalfiefees 2019

8 – 11 Augustus

June 19, 2016
kalfiefees-hermanus.co.za

Boodskap van die Burgemeester

Die Hermanus Times Kalfiefees is ’n hoogtepunt op ons jaarlikse geleentheidskalender en dit is vir my ’n eer om u by dié fees te verwelkom! Daar is niks beter om die Wes-Kaapse verwagte koue en nat weer mee te tem as juis die Kalfiefees nie. U word dus genooi na ’n program wat ’n wonderlike verskeidenheid opvoerings bevat. Feesgangers kan uitsien na drama, komedie en tragedie asook boekbesprekings en ’n kunsuitstalling uit die boonste rakke. Gehore word bederf met gesoute en geliefde musiekkunstenaars soos Mathys Roets, Kevin Leo, Danie Niehaus en Amanda Strydom sowel as die wonderlike stemme van die […]
June 18, 2016
Jimmy Hattingh

Boodskap van die voorsitter

Ons vier vanjaar die 19de Hermanus Times Kalfiefees. Dankie aan almal wat die Kalfiefees ondersteun. Vir enige fees is borge en donateurs ’n móét, asook teatergangers wat kaartjies koop. Borge en sakeondernemings wat hul harte oopmaak en die Kalfiefees ondersteun, dra jaarliks by tot die ekonomiese insette wat die Kalfiefees na die Overstrand bring. Feesgangers kan weer uitsien na uitstekende teater en musiek asook kuns en boekbesprekings. Welkom ook aan al die kunstenaars wat die beste produksies van elders in die land na Hermanus bring. Of dit nou jou eerste Kalfiefees is of nie, geniet die feesprogram en maak sommer […]
June 3, 2015
Theuns_Jordaan

Theuns Jordaan

Theuns Jordaan is sonder twyfel een van die grootste stemme wat Afrikaans nog op­gelewer het. Met vyf solo-albums en verko­pe van meer as 1 miljoen het hy bewys dat hy nie net ’n sanger van formaat is nie, maar ook ’n baie talentvolle liedjieskrywer. Sy nuwe album, Roeper, wat in Mei 2012 bekend gestel is, se verkope is reeds by die 100 000-merk verby. Dit was die grootste plaaslike bekendstelling van die jaar. Sy tweede in samewerking met Juanita du Plessis, Hart Vol Drome, was eweneens ’n reusesukses met die DVD én CD wat plati­numstatus behaal het. Theuns se eerste […]
June 3, 2014
Van_Koos_tot_Country

‘Van Koos tot country’

Van Koos tot country met Wynand en Che­reé Strydom. Ons het Wynand leer ken as die rasperstem-sanger, met sy groot treffer, “Katrina”. Sedertdien het hierdie kunste­naar al nie minder nie as nege solo-albums bekend gestel. Wynand neem sy toehoor­ders op ’n musikale reis, met genres vir elke smaak. Sy unieke vertolking van nuwe, so­wel as ou bekende treffers, is ongekend en beloof om ’n besonderse ervaring vir elkeen te wees. Chereé is nie verniet Suid-Afrika se eie Country Girl nie. Dit is ’n titel wat sy met reg verdien. Sy spog reeds met vyf soloalbums, asook verskeie pryse op die […]